Revue-kaartjies.

Die revue-kaartjies van “Roodies los spore ... kom volg ons reis”, word van 8 Augustus 2017 aanlyn verkoop by www.quicket.co.za. Die kaartjies beloop R100 per persoon. 

SO IS JY ’N GOEIE ‘SPORTOUER’ OUERS SE EGO EN DROME

SKOLESPORT gaan mos oor gesonde mededinging en ontwikkeling, of hoe? Dit bou karakter en leer kinders vaardighede en spangees. Wen is nie alles nie, hoor ’ n mens ook dikwels. Dit moet pret wees. Nie net vir die kinders nie, maar ook vir die ouers wat hulle langs die veld kom aanmoedig.

Roodies is baie trots op ons spesialis-netbalafrigter

Roodies is baie trots op ons spesialis-netbalafrigter, Dr. Elsje Jordaan, wat pas aangewys is as die hoofafrigter van die Nasionale Protea-netbalspan, wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig tot en met die wêreldkampioenskappe 2019, wat in Liverpool gaan plaasvind.

AfriForum loods veldtog teen afknouery in skole

Dankie aan elke ouer wat vanaand teenwoordig was by die boelie praatjie deur Jacques Gombault. Die pitkos waarmee ons toegerus is, sal verseker daartoe lei dat ons, ons kinders kan toerus om probleme, moeilike omstandighede en konflik te hanteer.