Nuusflits - Desember 2015

GEDAGTE VIR DIE MAAND Die wonder van Kersfees eindig nooit nie, want die grootste geskenk is familie en vriende wat heeljaar met ons is. – Anoniem

Die Ritteltits oor Ritalin

Pseudowetenskaplike bangmaakstories oor die gebruik van Ritalin (metielfenidaat) is so oud soos dié geneesmiddel self, maar kinders wat dié middel werklik nodig het en dit nié onder behoorlike toesig ontvang nie, word ’n reuse-onreg aangedoen. Elsabé Brits het ondersoek ingestel.

Hoekom het sommige kinders (of sommige volwassenes) Ritalin nodig? Die antwoord is eenvoudig: Die brein het dit nodig.
Omdat dit in dele van dié komplekse orgaan is waar die chemiese wanbalans lê van mense met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) of aandaggebreksindroom (AGS).

Inligting rakende Kopluise

Geagte Ouer

Dit het onder ons aandag gekom dat ʼn paar leerders kopluise het, ons versoek dat u asseblief u kinders sal monitor op 'n gereelde basis.

Ons wil graag die volgende inligting rakende kopluise deurgee.

Om ʼn plaag te voorkom, volg asseblief die volgende stappe: