Week 2:

Taalwenk: 

Die byvoeglike naamwoord (b.nw)beskryf die selfstandige naamwoord(s.nw)

Bv.Dit is 'n warm dag.

Die b.nw. het ook twee eienskappe  nl. 1. Kan in trappe van vergelyking staan,

bv. warm    warmer   die warmste .          

      Dit is 'n warm dag. 

       Dit is more die warmste dag indie afgelope jaar.

       2. Kan ook in die intensiewe vorm gebruik word.

            Bv.koud........yskoud,breed........hemelsbreed,

             vinnig.......blitsvinnig,dood.......morsdood.

              Ek hou van 'n yskoue koeldrank na oefening.

Taaltoffie:

familie en nie famielie nie,

posisie en nie posiesie nie.

Taalfeit:

Die bekende Afrikaanse digter ,dramaturg,akademikus en Hertzogprys-wenner,ADAM SMALL, sterf kort voor sy 80ste verjaarsdag op 25 Junie 2016.Adam Small en Kaapse Afrikaans (Kaaps) het sinoniem geraak.Hy wend nie net Kaaps doeltreffend in sy werk aan nie,maar lewer ook'n ikoniese bydrae vir Afrikaans as moedertaal en hef die statuur van Kaapse Afrikaans geweldig baie op. Terwyl almal deesdae bekommerd is oor die voortbestaan van ons wondermooie taal,herroep  ons Small se standpunt oor Afrikaans in die DIE BURGER van 13 September 2012: "Ek twyfel nie oor die voortbestaan van Afrikaans nie,solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan."

AFRIKAANS GROET EEN VAN SY GROOT SEUNS.Kom ons bring hulde aan Small deur sommer  al sy gedigte te lees...

Idioom:

Lank in die land wees.....beteken 'n ouer maar baie ervare persoon.

Aanhaling van die week :

"Kies om gaaf te wees,kies om te vergewe...

 Laat jou liefde groei en blink ,sodat mense jou voorbeeld kan sien en GOD verheerlik."

                                                                                                                Victoria Osteen

Met lente alreeds in ons midde,vier ons God se genade om ons te vernuwe en MILDELIK te laat vrugte dra...

Vaste uitdrukking:

...per slot van sake ...bv.Almal is,per slot van sake,afhanklik van God se genade.

Woord van die week:

lentebries... Koel, sagte briesie of windjie.