Netbal: wedstryde teen Laerskool Rustenburg - Weg.

Geagte Ouers

NETBALWEDSTRYDE TE LAERSKOOL RUSTENBURG OP DINSDAG, 6 MAART 2018

Hiermee die inligting vir die vriendskaplike-wedstryd teen Laerskool Rustenburg te Laerskool Rustenburg.            

GPS-koördinate: S25 40.487 E27 14.773                                                                                                         

Adres:

Fatima Bhayatstraat 170,

Rustenburg

 Alle A-, B-, en C-spanne  vanaf O/9 - O/11, asook die B- en C-spanne van O/12 - O/13 is betrokke.

Sien asb. aangehegte brief en program.

NETBALDRAG:

  • Roodekrans se amptelike netbaldrag.
  • Wit netbalkouse met groen en oranje strepe.
  • Groen “ski-pants”.
  • Skoon tekkies.

LW:     Alle netbalklere is by die “Klerekas” op die skoolterrein beskikbaar: Ivy - 0744363157.

ROODIES ONTHOU:

  • ‘n Roodie is by haar afrigter ‘n halfuur voor die begin van haar wedstryd.
  • ‘n Roodie stel haar afrigter vroegtydig in kennis indien sy siek is of nie kan speel nie.
  • ‘n Roodie is altyd vriendelik.
  • ‘n Roodie sê dankie vir die skeidsregter en opponente.
  • ‘n Roodie gee altyd haar beste en het goeie spangees.

Netbalgroete                                                                                                                                                         

ME. A. ROUSSEAU                      M. SWANEPOEL                             G.G. ROUSSEAU

ADMIN-ORGANISEERDER          SPORTHOOF                                  HOOF