Nuusflits

Nuusflits 6/2017 - Augustus/September

Die Augustus-winde het verseker ons herinner dat die winter nog nie verby is nie. Gelukkig was dit net die weer wat bibberkoud was en nie ons Roodieharte nie. Al die aktiwiteite het ongelooflik presteer in hul ligawedstryde. Dankie aan almal wat betrokke was by elke aktiwiteit.

Nuusflits 5/2017 - Junie/Julie 2017

Baie welkom terug aan alle leerders, ouers en grootouers sowel as die personeel en hulle gesinne. Die derde kwartaal is oor die algemeen ʼn baie besige kwartaal op alle gebiede. Ek wil by voorbaat my opregte dank oordra aan almal vir die toewyding, passie en geduld om die leerders by al die verskeie aktiwiteite af te rig en te besorg.

Nuusflits 4/2017 - Oorsig en belangrike datums

Ons is in die laaste maand van die tweede kwartaal. Ek wil weer eens net alle ouers, leerders en personeel bedank vir die positiewe wyse waarop almal deelgeneem het aan die wintersport- en kultuuraktiwiteite. Baie geluk aan die Gr. RR- en Gr. R-personeel met twee pragtige Ouma-en-Oupatee-funksies. Baie dankie vir julle harde werk ter voorbereiding van die twee oggende.

Nuusflits 3/2017 - Oorsig en belangrike datums

Wesrand Wiele Uitstalling 3 Junie 2017 Inligting . Moenie behep raak met jou kind se akademiese vermoëns nie. Leer hulle die volgende:  ·        Om gaaf te wees. ·        Om hulp aan te bied. ·        Om ander aan te moedig. ·        Om aan ander mense te dink. ·        Om te deel. ·        Om vir die mooi en goeie in die lewe te soek.

Nuusflits - 1 / 2017

Baie welkom terug aan alle ouers, grootouers, leerders en personeel. 2017 het voorwaar in volle vaart weggespring en alles is weer terug op spoed en aan die gang. Op die akademiese gebied het die Gr. 4- tot Gr. 7-leerders reeds begin met hulle toetsreeks vir die eerste kwartaal. Sterkte aan almal met die studies-leer hard dis al hoe jy verseker kan wees om jou beste potensiaal te bereik.

Nuusflits 9 - Desember 2016.

So het ons ongelooflik vinnig aan die einde van nog ʼn jaar gekom. ʼn Jaar wat gevul was met prestasies op alle gebiede, van akademie, sport en selfs ons kultuur het voorwaar puik presteer. Ons leerders het die Roodie-naam ten alle tye hoog gedra. Hou so aan in 2017! Ek wil graag uit die diepte van my hart my dank uitspreek teenoor elke ouer, grootouer, leerder en personeellid sowel as hulle gades vir al die toewyding en lang ure van oefen, wedstryde en optredes. Dit maak weereens my taak as Hoof soveel makliker en meer spesiaal.

Nuusflits 8 - Oktober 2016

Welkom terug aan al die ouers, leerders en personeel. Hierdie is die kortste, maar verseker die belangrikste kwartaal van die jaar. Die leerders en onderwysers is hard besig om voor te berei vir die eksamen. Sterkte met die voorbereiding. Onthou die gesegde “ʼn Goeie arbeider, is sy loon werd”.

Nuusflits 7

Nuusflits 7 - September 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Dis altyd vir my een van die mooiste maande van die jaar. Dis so ongelooflik om te sien hoe alles weer lewe kry na die winter. Die kinders hardloop sommer ook met nuwe energie rond. Dankie aan elke ouer, grootouer, leerder en personeellid wat elke dag op alle gebiede meer as hulle deel doen. Ons waardeer julle insette opreg. Daar is ʼn baie besige maand verby met al die kunswedstryde, wintersportsoorte wat in volle swang begin wedstryde speel het sowel as die toetsreeks wat aan die gang is. Ons besef die leerders begin moeg raak soos ons nader kom aan die einde van die kwartaal. Vasbyt vir die laaste paar weke.

Nuusflits 6 - Augustus 2016

Die derde kwartaal is reeds volstoom aan die gang. Ons het afgeskop met ʼn baie bedrywige twee weke van kunswedstryd en die sport wat weer voluit oefen en voorberei vir die ligawedstryde.

Nuusflits 5 - Junie en Julie 2016

Die jaar stap met ʼn ongelooflike tempo aan ... die eerste helfte van die jaar is verby en so ook ons eerste eksamen.
Ons glo en vertrou dat elke leerder se uitslae net sal spreek van hulle harde en volgehoue werk gedurende die eerste twee kwartale van die jaar.
Dankie aan elke ouer, grootouer, leerder en personeellid wat soos oudergewoonte hulle kant op alle terreine gebring het.
Ons wens almal ʼn heerlike en welverdiende vakansie toe. Indien u gaan reis, wens ons u ʼn voorspoedige en veilige reis toe.
Ons sien uit na ʼn besige derde kwartaal gevul met verskeie aktiwiteite op sport- en kultuurgebied vlak.