Prestasie Buite-Skoolverband - Afdelingsvorm - Kreatiewe Kunswedstryd.

             BRIEF: 20170923

               29 September 2017

Geagte Ouers

Hiermee wil ons graag die proses wat gevolg moet word, ten einde in aanmerking te kom vir ʼn Prestasie buite-skoolverband-toekenning, aan u deurgee.

  1. Vorms
  • Die vorms sal op die D6, sowel as die webblad beskikbaar wees.
  • Kies die korrekte vorm afhangende waaraan u kind deelgeneem het.
    • Dans
    • Drama
    • Instrumentaal
    • Kreatiewe kunswedstryd
    • Sang
    • Sport
  1. Voltooi dié betrokke vorm volledig. Heg asb. bewys van prestasies aan.
  1. Die vorm, saam met die bewys van prestasie, moet elektronies per aktiwiteit ge-epos word na Ronel Botha – [email protected].

         Alle vorms moet voor of op MAANDAG, 6 NOVEMBER elektronies ingehandig wees.

         GEEN harde kopieë word aanvaar nie.

  1. Gebruik asb. verwysings soos volg in die onderwerp van die e-pos.

          Prestasie Buite-skoolverband: Leerder se naam en van – Aktiwiteit.

          Bv. Prestasie Buite-skoolverband: Gert Lubbe – Sport.

  1. Leerders wat kwalifiseer vir ʼn toekenning, sal ʼn uitnodiging ontvang na die prysuitdelingsfunksie wat plaasvind op Maandag, 27 November 2017 om 18:00.

Indien u enige verdere navrae het, kontak asb. vir juf. Tanie Janse van Rensburg by die skool.

Groete

_________________________                 _________________________

ME. TANIE J VAN RENSBURG                MNR. G.G ROUSSEAU

ORGANISEERDER                                   HOOF