Nuusflits 6/2017 - Augustus/September

Uitgawe Nr
6
Datum

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Die Augustus-winde het verseker ons herinner dat die winter nog nie verby is nie. Gelukkig was dit net die weer wat bibberkoud was en nie ons Roodieharte nie.

Al die aktiwiteite het ongelooflik presteer in hul ligawedstryde. Dankie aan almal wat betrokke was by elke aktiwiteit.

Die oefening vir die Revue het baie goed verloop. Ons is baie opgewonde en glo dat u as ouers dit netsoveel soos die leerders gaan geniet. Onthou om u kaartjies vir Roodies se Gr.4 tot 7- REVUE, so gou as moontlik aanlyn te koop by www.quicket.co.za.

Let wel: Geen kaartjies word die aand van die vertoning by die deure verkoop nie, ons gebruik slegs die elektroniese platform. Ongelukkig word geen kinders op hul ouers se skoot toegelaat nie.

Die nuusflits gaan vanaf September elektronies opgedateer word daagliks op die D6 sowel as op die webblad. Die berigte sal dieselfde berig wees wat saam met uitslae op al die sosiale-media platforms geplaas word. Gaan kyk gerus onder elke artikel sal die verwysing (link) na Facebook wees, waar u fotos sal kan sien. Die Augustus uitgawe sal teen Vrydag, 15 September ten volle beskikbaar wees.

PERSONEEL-AANGELEENTHEDE

Verjaarsdae

Die volgende personeel verjaar gedurende September.

‘n Geseënde lewensjaar word u toegewens.

Ons hoop u sal ʼn rustige dag saam met u geliefdes geniet.

2 September – Juf. Ané Roussouw

17 September – Juf. Heidie van den Berg

23 September – Mnr. Konradt Kriek

Vrydag, 11 Augustus

Landloop

101 Roodies het deelgeneem aan die tweede ligabyeenkoms by Trinityhouse Little Falls.  Die atlete het almal baie goed presteer. Dankie aan elke ouer, grootouer en afrigter wat gehelp het om die leerders voor te berei vir die seisoen.

Die volgende leerders het voorwaar puik presteer en is onder die eerste 5 plekke geplaas.

OUDERDOMSGROEP

NAAM EN VAN

PLEK

0/8-Dogters

Megan Collett

2

0/9-Seuns

Tristan Helmand

Ruwan Smith

1

2

0/9-Dogters

Kayleigh Pienaar

Mia Botha

Lara Erasmus

1

2

3

0/10-Seuns

Teégan Smit

1

0/10-Dogters

Cherike Spies

1

0/11-Seuns

Waldo Coetzee

3

0/11-Dogters

Jessy Bekker

Karli Nicklebauer

3

4

0/12-Seuns

Quintus Potgieter

4

0/12-Dogters

Chanté Prinsloo

5

0/13-Seuns

Arno Cilliers

1

0/13-Dogters

Marizenne Jonker

1

 

https://www.facebook.com/media/set/?set=a.1682036748475217.1073742254.173897065955867&type=1&l=2e77be0143

Woensdag, 16 Augustus

Redenaars - “Op-die-tong-af”

Baie geluk aan Mizanne Fourie (Gr. 7) wat saam met Jessy Bekker (Gr. 5) en Lehan Kruger (Gr. 6) deurgedring het na die “Op-die-tong-af”-finaal wat op 11 en 12 Oktober 2017 plaasvind.

Die leerders gaan deelneem aan die volgende kategorieë:

Mizanne - English Individual Prepared.

Lehan – Afrikaans: Individueel onvoorbereid en Afrikaans: Individueel voorbereid

Jessy Bekker – Afrikaans: Individueel voorbereid

Ons is trots op elkeen van julle.

Welgedaan!

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

Donderdag, 17 Augustus

Hokkiewedstryde teen Laerskool Florida.

Span

Uitslag

Telling

Speelster/s van die wedstryd

0/10 A

Wen

9 – 0

Chloë Deyzel

Rachel Wiggel

0/11 A

Wen

3 – 1

Leonie Zopick

0/12 A

Wen

7 – 0

Olivia Strydom

Lara du Plessis

0/13 A

Wen

5 – 1

Marizenne Jonker

Nikite Schutte

Jnr. Seuns A

Wen

3 – 1

Keagan Cooper

Snr. Seuns A

Wen

2 – 1

Hele span.

Baie geluk aan elke span. Roodies het voorwaar puik presteer deur al ons wedstryde te wen. Hou so aan!

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

KRIEKET: 0/10 – 0/12 SENTRAAL-WESSPANNE

Baie geluk aan die volgende seuns wat verkies is tot die Sentraal-Wesspanne in hulle verkeie ouderdomsgroepe.

0/10-span

Dylan van der Merwe, Anrich Liebenberg , Darius Maritz, Divan Pieters, Andrew Sobiech, en Stefan Nagel

0/11-span

Juan Minnaar, Emile Odendaal en Kian Snyman

0/12-span

Bevan Martin, Tristan Mostert, Simeon Wolfaardt en Hayden Muller

http://www.roodekrans.net/af/node/809

Vrydag, 18 Augustus

Landloop

72 Roodies het deelgeneem aan die derde ligabyeenkoms by Ridgevale Primary.  Die atlete het almal baie goed presteer. Dankie aan elke ouer, grootouer en afrigter wat gehelp het om die leerders voor te berei vir die liga byeenkomste wat nou tot ʼn einde gekom het.

Die volgende leerders het voorwaar puik presteer en is onder die eerste 5 plekke geplaas.

OUDERDOMSGROEP

NAAM EN VAN

PLEK

0/8-Dogters

Taya Pelser

Miandi Breedt

3

4

0/9-Seuns

Ruwan Smith

Tristan Helmand

1

2

0/9-Dogters

Mia Botha

Kayleigh Pienaar

Lara Erasmus

1

3

5

0/10-Seuns

Teégan Smit

2

0/10-Dogters

Cherike Spies

1

0/11-Seuns

Waldo Coetzee

3

0/11-Dogters

Jessy Bekker

Karli Nickelbauer

Leonie Zopick

1

3

5

0/12-Seuns

Quintus Potgieter

5

0/12-Dogters

Wilmien van Vuuren

Chanté Prinsloo

3

4

0/13-Seuns

Arno Cilliers

1

0/13-Dogters

Marizenne Jonker

Leandri Quinn

1

5

Baie geluk aan die volgende atlete wat deurdring na die D12-kampioenskappe wat plaasvind Vrydag, 25 Augustus te Weltevreden Park Primary.

0/9 – Seuns en Dogters

Ruwan Smith, Tristan Helmand, Rhenzo Retief, Kayleigh Pienaar, Mia Botha, Lara Erasmus en Natalie Conradie.

0/10 – Seuns en Dogters

Teégan Smit, Cherike Spies, Amoré Kruger, Kayleigh Wilson, Timeke Prinsloo en Annika Ferreira.

0/11 – Seuns en Dogters

Waldo Coetzee, Jessy Bekker, Karli Nicklbauer en Leonie Zopick.

0/12 – Seuns en Dogters

Quintus Potgieter, Chanté Prinsloo, Wilmien Van Vuuren en McKayla Steyn.

0/13 – Seuns en Dogters

Arno Cilliers, Marizenne Jonker en Leandri Quinn.

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

Saterdag, 19 Augustus

GR. 7 EBW-ENTRPRENEURSDAG

Die Gr. 7’s het hulleself baie goed van hul taak gekwyt tydens Saterdag se Departementele verpligte Markdag.

Dankie vir julle inisiatief, harde werk en positiewe houdings.

Die stalletjies alleenlik is nie al wat van hulle verwag was nie. Die projek het bestaan uit Marknavorsing, Begroting en Finansiële state (Inkomste- en Uitgawestaat).

Wel gedaan julle! 

#entrepreneursinwording.

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

MINI-KRIEKETDAG

Op Saterdag, 19 Augustus het ons, ons eerste Mini-krieketwedstryde gespeel in die toernooi wat deur ons eie skool aangebied is.  Elke speler het dit geniet om teen ander skole mee te ding.

Die deelnemende skole was:

0/7-spanne

Laerskool Roodekrans – 2 spanne.

Laerskool Krugersdorp-Noord – 2 spanne.

Weltevreden Park Primary – 2 spanne.

Laerskool Dr. Havinga – 2 spanne.

0/8-spanne

Laerskool Roodekrans – 3 spanne.

Ridgevale Primary – 1 span.

Laerskool Krugersdorp-Noord – 2 spanne.

Weltevreden Park Primary – 2 spanne.

Laerskool Dr. Havinga – 2 spanne.

Dankie aan elke speler, ouer, grootouers en afrigters vir ʼn heerlike dag. Ons sien uit na die res van die seisoen.

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

Maandag, 21 Augustus

Sanlam WOW-Spelfees

Die volgende leerders het deurgedring na die Sanlam WOW-Spelfees se Provinsiale uitdunne wat op 15 September 2017 by Laerskool Helderkruin plaasvind.

Gr. 4

Abigail van Heerden

Mienka Mostert

Monja van Heerden

Rohané Herbst

Zané du Plessis

Gr. 5

Chinel Bently

Eben Rall

Emile Odendaal

Jessy Bekker

Leila du Plessis

Gr. 6

Anke Janse van Rensburg

Brendon Porter

Keona Visagie

Lehan Kruger

Quintus Potgieter

Gr. 7

Kijanke Jansen van Vuuren

Leandri Engelbrecht

Marianka van den Berg

Marko Cronje

Nadia Meyer

Baie geluk, Roodies!

Hard oefen en leer vir hierdie groot kompetisie!

Sterkte ons is trots op julle!

https://www.facebook.com/Laerskool-Roodekrans-173897065955867/

Hokkiewedstryde teen Laerskool Gustav Preller

Span

Uitslag

Telling

0/12B-dogters

Wen

3 – 0

0/13B-dogters

Gelyk

0 – 0

Jnr. Seuns B

Verloor

1 – 9

Snr. Seuns A

Verloor

0 – 6

Dinsdag, 22 Augustus

Hokkiewedstryde teen Laerskool Helderkruin.

Span

Uitslag

Telling

0/10A

Wen

5 – 1

0/10B

Gelyk

2 – 2

0/11A

Wen

5 – 0

0/11B

Gelyk

0 – 0

0/12A

Wen

7 – 0

0/12B

Verloor

0 – 2

Baie geluk aan elke span.

Donderdag, 24 Augustus

Hokkiewedstryde teen Laerskool Dr. Havinga.

Span

Uitslag

Telling

0/10A

Verloor

2 – 1

0/10B

Gelyk

2 – 2

0/11A

Wen

3 – 1

0/11B

Wen

3 – 2

0/12A

Wen

4 – 1

0/13A

Wen

3 – 1

Junior-seuns A

Verloor

4 – 2

Junior-seuns B

Wen

3 – 0

Senior-seuns A

Verloor

0 – 1

Wel gedaan aan al die spanne.  Dit was ʼn middag van strawwe wedstryde.

Maandag, 28 Augustus

Hokkiewedstryde teen Laerskool Muldersdrift.

Span

Uitslag

Telling

0/12B

Gelyk

2 – 2

0/13B

Verloor

3 – 0

Junior-seuns B

 

 

Senior-seuns A

 

 

Wel gedaan aan al die spanne.  Dit was ʼn middag van strawwe wedstryde.

Donderdag, 31 Augustus

Hokkiewedstryde teen Charter House.

Span

Uitslag

Telling

0/10A

Wen

6 – 0

0/10B

Wen

6 – 0

0/11A

Wen

6 – 0

0/11B

Wen

2 – 0

0/12A

Wen

6 – 0

0/13A

Wen

2 – 0

Junior-seuns A

Wen

3 – 0

Senior-seuns B

Verloor

1 - 0

Wel gedaan aan al die spanne.  Dit was ʼn middag van strawwe wedstryde.

VRYDAG, 1 September

ENTREPRENEURSMARK VRYDAG, 1 SEPTEMBER 2017

Die tema van dié Markdag was ’’ ’n Kleur ”. Entrepreneurs se stalletjie moes die tema uitgebeeld het.

Die volgende leerders se stalletjies het toekennings ontvang:

Eerste: Die Blikskottels - Lehan Kruger en Simeon Wolvaardt

Tweede: Black Mustachio - Jovan en Nikita Botes

Derde: Sweet Surprise - Mia Blignaut en Mieka Stadler

Vierde: Zout & Zout - Divan Oosthuizen en Marko Cronje

Vyfde: Blou Diva’s - Mieke Louw en Liné Allen

Sesde: Grou vir goud - Natily Conradie

Sewende: Silly Psycedelic - Abigail white en Tamlynn Stevens

Agste: Ball Boys - Petri Britz en Kian Snyman

Baie geluk!

Baie dankie aan ons beoordelaars: Juffrouens Michelle, Calinka, Mercia, Neldia, en Leané

LOSLITDAG

Op Maandag , 28 Augustus het Able, Loslit se mannetjie ons in die saal verras.

Baie dankie aan elke leerder en ouer wat weer vanjaar  ’n plakker gekoop het om die Gestremde Persone van die tehuis in Krugersdorp te ondersteun.

Julle volgehou ondersteuning aan dié tehuis word opreg deur hulle waardeer