Nuusflits 6/2017 - Augustus/September

Die Augustus-winde het verseker ons herinner dat die winter nog nie verby is nie. Gelukkig was dit net die weer wat bibberkoud was en nie ons Roodieharte nie. Al die aktiwiteite het ongelooflik presteer in hul ligawedstryde. Dankie aan almal wat betrokke was by elke aktiwiteit.

Netbalkliniek - Sportisimo.

Laerskool Roodekrans bied weer soos in die verlede ons jaarlikse Netbalkliniek in die 4de kwartaal aan. Hierdie kliniek begin op Maandag 9 Oktober (LW: Dit is die dag wat die skool begin.) en duur tot 23 November en is vir speelsters van 0/7 tot 0/12. Dit sal op Maandae en Woensdae by ons skool aangebied word.

Revue – Oupa- en Ouma vertoning

Oupa’s en Ouma’s wat voor 01/09 aangedui het dat hul wel die vertoning wil bywoon, gaan komplimentêre kaartjies ontvang vir aandvertonings. Register onderwysers sal die kaartjies saam met die leerders stuur.

Sanlam WOW-Spelfees

GSF: Sanlam WOW-Spelfees leerders dring deur na provinsiale uitdunne. Gr. 1 tot Gr. 3-leerders wat deurgedring het. Baie geluk Roodies is voorwaar trots.